Arende verras passasiers op busse

Drie SWD Arende-rugbyspelers het verlede Vrydagoggend op ’n GO GEORGE-bus gehop om hul Super Sport-uitdagingwedstryd teen die Grens Bulldogs op Outeniquapark die aand te adverteer. As deel van die promosie het hulle gratis kaartjies vir die wedstryd uitgedeel, tot groot plesier van die passasiers. Spasina Coeries van Blanco was baie in haar skik toe die vriendelike losskakel, Martin du Toit, vir haar ook ’n kaartjie gee. Met twee bushaltes gerieflik digby Outeniquapark, word die publiek aangemoedig om met ’n bus stadion toe te ry om rugby te gaan kyk en die plaaslike span te ondersteun.


Previous Article

Next Article