Busdiens Hervat op 16 Mei

GO GEORGE betreur die vertraging in die hervatting van passasiersdienste vandag.

Formele kennisgewing is ontvang van die vakbond, wat aandui dat alle werknemers môre (Woensdag 16 Mei) sal terugkeer werk toe, met alle dienste wat gereed is om volgens skedule te loop.

Die geldigheid van multiritkaartjies word met 28 dae verleng van vandag, met ander woorde, alle multiritkaartjies wat voor die staking gekoop is, sal geldig wees tot 12 Junie 2018.

Hou asseblief die GO GEORGE Facebook-blad en webblad dop vir die jongste, bygewerkte nuus.


Previous Article

Next Article