Fase 4 van GO GEORGE uitgestel

George se uitvoerende burgemeester, raadsheer Melvin Naik, het vandag aangekondig dat die uitrol van die GO GEORGE-openbare vervoerdiens na Thembalethu, wat beplan was vir 11 Desember 2016, uitgestel is.

Dit kom ná twee samesprekingsgeleenthede met gemeenskapsleiers en lede van die taxibedryf in Thembalethu, wat deur die burgemeester aangebied is.

Naik het die tweede samesprekingsvergadering op Donderdag 1 Desember 2016 afgesluit deur te sê: “Wanneer ons na enige gemeenskap uitrol, wil ons hê amal moet die diens verwelkom. Die veiligheid van mense is nou ons prioriteit. Hoewel die uitrol op die 11de uitgestel is, gaan ons siviele ingenieursdepartement steeds voort met die opgradering van infrastruktuur.”

GO GEORGE is daartoe verbind om ‘n veilige, geskeduleerde, bekostigbare, betroubare en toeganklike openbare vervoerdiens na die gemeenskappe van George te bring.


Previous Article

Next Article