“Girl Guides” soek bushaltes tydens pret-uitdaging

Girl Guides

Selfie in die hardloop! Gesinne is aangemoedig om saam met die meisies deel te neem aan die “Girl Guides” se “Amazing Rally” wat op Sondag 14 Mei gehou is. Voor is Alakhe Arosi (links) en Katherine Armstrong, met Katherine se broer Aiden en pa Bruce agter hulle.

Die Outeniqua “Girl Guides” het onlangs ’n pretuitdaging vir die hele familie aangebied wat soveel geniet is, dat hulle beplan om hierdie “Amazing Rally” ’n jaarlikse instelling te maak.

Carla en Angela

Carla (links) en Angela Els was verheug om te kan bewys dat hulle bushalte 142 naby die George-hospitaal gevind het.

Die organiseerders het gemeen die GO GEORGE-bushaltes met hul “vreemde” nommers is die ideale uitdaging om punte bymekaar te maak. Deelnemers moes ’n selfie by die betrokke bushalte neem as bewys dat hulle dit gevind het.


Previous Article

Next Article