GO GEORGE hervat beperkte diens vanaf 15 Augustus

Beperkte diens sal Woensdag, 15 Augustus vanaf 05h00 hervat word op slegs die volgende roetes:
1A New Dawn Park – CBD
1B Harmony Park – CBD
60 Rosedale – CBD
2 Blanco – CBD
7 CBD – GR Mall
53 Rosemoor – CBD

Die diens sal volgens die gewone tydrooster bedryf word op hierdie roetes. Aangesien nie alle roetes aktief sal wees nie, word werkgewers vriendelik versoek om geduldig en verdraagsaam te wees indien werknemers laat opdaag vir werk. Enige verandering aan hierdie planne sal onmiddellik via die media en die GO GEORGE Facebook-blad gekommunikeer word. Die GO GEORGE-inbelkantoor kan ook geskakel word by 0800 044 044 vir die jongste nuus.


Previous Article

Next Article