GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

GO GEORGE ondersteun Arende

GO GEORGE supports Eagles

GO GEORGE is trots daarop om met die SWD Arende geassosieer te word en moedig ondersteuners aan om op ’n bus te hop wanneer hulle die span tydens tuiswedstryde op Outeniquapark ondersteun. Saterdag se vriendelike wedstryd tussen die Arende en die Stormers het ’n groot skare gelok, en toeskouers was heel gretig om die groen sonskerms wat GO GEORGE by hul stalletjie uitgedeel het, oor die oë te trek. Inligtingsmateriaal oor die busdiens was ook beskikbaar. Heel regs op die foto is Renaldo Arendse met die nuutste sakgids en tydrooster, en saam met hom is, van links, Stanley Scheepers, Christie Titus en JT April. Voor hulle sit Aschtrid Andrews.

Arende ondersteuners

Balle gooi is nie net vir die groot en sterk manne nie! Broer en suster, Matthew en CJ Lancaster, het hulself gate uit geniet by Saterdag se rugby op Outeniquapark en die GO GEORGE-sonskerms reg geskuif net in geval die son deurbreek.

Latest News

FAST FACT: Children under the age of 4 travel free of charge.
As soon as they turn 4, each child needs their own Smart Card. If you show their birth certificate when buying their card, 2 free preloaded trips will be included in the promotional price of R27.
@george_mun

We consider all passengers, so NO LOUD CONVERSATIONS OR MUSIC is allowed on the bus. You are welcome to make a quick or essential call, or enjoy your music or videos using EARPHONES or HEADPHONES.
@george_mun

Load More