GO GEORGE-tariefverhoging skop in op 1 Julie

GO-GEORGE-Tickets

GO GEORGE herinner passasiers dat die jaarlikse verhoging in die prys van buskaartjies op 1 Julie 2018 inskop, en dat ritte op die multiritkaartjies voor die einde van Junie gebruik moet
word.

Die groen enkelkaartjie wat by verkoopspunte buite die bus verkoop word, sal 50c meer kos en teen R10.00 verkoop word. Die prys van die grys enkelkaartjies wat op die bus gekoop word, verhoog met R2.00 tot R12.00, om passasiers aan te moedig om hul kaartjies vooraf te koop voordat hulle op die bus klim. Die multiritkaartjie (MJT) met 10 ritte bly die beste kopie teen R90 (R9 per rit) – ’n verhoging van 50c per rit.

Vanaf 1 Julie 2018 sal verkoopspunte net die nuwe kaartjies verkoop – geen ou kaartjies sal aanvaar word na 30 Junie 2018 nie. Die huidige multiritkaartjie is geldig tot 30 Junie 2018.

Vir meer inligting, skakel gerus die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044, of stuur ’n e-pos na info@gogeorge.org.za.


Previous Article

Next Article