GO GEORGE vat hande met Toerisme

Tourism meet and greet

Die nuwe bestuurder van George-toerisme, Joan Shaw, het GO GEORGE genooi om inligting oor die busdiens uit te deel by ’n “ontmoet en groet”-geleentheid wat Dinsdag 23 Mei 2017 deur die toerismekantoor aangebied is. Rolspelers in die plaaslike toerismebedryf is genooi na die informele kuier waartydens Shaw haar entoesiasme en ambisie om George uit te bou tot een van die Tuinroete se gunstelingbestemmings, gedeel het. Hier verduidelik Tyron Jeyi, GO GEORGE-gemeenskapskakelbeampte, aan Shaw (middel) en Lizzie Marshall, ’n plaaslike gastehuiseienaar, watter tipe inligtingsmaterial beskikbaar is vir toeriste.


Previous Article

Next Article