Kinders geniet praktiese ervaring van openbare Vervoer

Opgewonde graad 1's

Die kleinspan was uitgelate tydens hul busrit en vol vrae wat vir die GO GEORGE passasiersdiensbeamptes en ander personeellede wat hulle vergesel het.

As uitbreiding van hulle kennis en ervaring van openbare vervoer, het die graad een-leerders van Laerskool George-Suid verlede week ’n GO GEORGE-busrit van die middedorp na Blanco en terug onderneem. Die 155 kleingoed het met groot afwagting uitgesien na die uitstappie. Volgens Amanda Rademeyer, die onderwyseres wat al die reëlings getref het, was dit ’n plesier om saam met die GO GEORGE-span te werk aangesien hul skakeling met die skool uiters behulpsaam, akkuraat en betyds was. “Die span se vriendelikheid en omgee tydens die vyf ritte wat nodig was om al die klasse te akkommodeer, was regtig buitengewoon en ’n riem onder die hart.” sê sy.

Marcell en Johannes

Vir Marcell Geldenhuys was die busrit deel van die opwinding van sy sewende verjaarsdag
wat hy op dieselfde dag gevier het. Busdrywer Johannes Ngcaca het aan die einde an die rit met graagte sy sitplek ontruim om die verjaarsdagmaatjie ’n kansie te gee om die reuse-stuurwiel onder sy hande te voel.

 

Mctayrrah Pypers

Mctayrrah Pypers het elke oomblik van die busrit geniet. Gevra vir kommentaar, het sy so ’n
bietjie gedink en gesê: “Ek dink dit sal baie lekker was as ons nou by Panarotti’s kan stop…”


Previous Article

Next Article