GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

Kleine Goliath se groot liefde vir GO GEORGE

Davinn se skuiling
Synde ’n kampvegter vir die busdiens, is Divann baie ontsteld oor busskuilings en busse wat verniel en stukkend gegooi word met klippe. Sy nuutste busskuiling het ook ’n gebreekte paneel – ongelukkig presies soos wat die meeste skuilings in sy buurt lyk. Hier wys hy sy handewerk vir GO GEORGE-bestuurder, James Robb, wat sy besoeke altyd verwelkom.

Divann Goliath (12), ’n outistiese leerder by die Carpe Diem-skool, is nie net ’n groot bewonderaar van die groen en blou GO GEORGE-busse nie, maar ook ’n man wat konstant sy eie businfrastruktuur op die gesin se werf in Rosedale uitbou. Hy maak kartonbusse en stoptekens, teken paaie en bou skuilings van die môre tot die aand.

Sedert hy meer as ’n jaar gelede vir die eerste keer van sy kunswerke aan die GO GEORGE-kantoor kom oorhandig het, is hy deeglik ingemessel as die busdiens se heel grootste ondersteuner. Pa David bring hom elke nou en dan vir ’n vinnige kuier by die kantoor. Tydens hul mees onlangse besoek om sy nuutste busskuiling kom wys was die knaap oorstelp om sy eie gesiggie op verskeie mure en baniere in die kantoor te sien.

Davinn speel grootmeneer
Dit het Divann dadelik opgeval dat die GO GEORGE-kantoor onlangs rondgeskuif en meer doelmatig ingerig is. Die enkele item wat hom egter aangegryp het, is die “groot computer” op hierdie lessenaar waar hy dadelik die stoel gaan toets het, totaal onbewus daarvan dat sy glimlaggendde gesiggie ook teen die muur agter hom pryk.

 

Davinn se skuiling close-up
Davinn se nuutste projek

Latest News

FAST FACT: Children under the age of 4 travel free of charge.
As soon as they turn 4, each child needs their own Smart Card. If you show their birth certificate when buying their card, 2 free preloaded trips will be included in the promotional price of R27.
@george_mun

We consider all passengers, so NO LOUD CONVERSATIONS OR MUSIC is allowed on the bus. You are welcome to make a quick or essential call, or enjoy your music or videos using EARPHONES or HEADPHONES.
@george_mun

Load More