Kortste pad is nie altyd die vinnigste nie

Al die GO GEORGE-gemeenskapsroetes is tweerigting, wat beteken dat hierdie roetes in sirkels ry met ‘n bushalte aan elke kant van die pad by elke halte. Jy kan dus aan enige kant van die pad, op enige plek langs die roete, op die bus klim en weer eindig waar jy begin het.

Jy mag dink dit is die beste om die kortste pad te vat, maar afhangende van die tydrooster (binne die volgende week ook op die pale by die oorklim-bushaltes) mag die volgende bus wat langpad ry, jou vinniger by jou bestemming uitbring omdat dit vroeƫr as die bus op die korter roete by jou bushalte aankom.

Die idee is dat passasiers kan besluit watter rigting om die gemeenskapsroete hulle die vinnigste by hul bestemming sal uitbring, hoewel albei rigtings daarheen gaan.


Previous Article

Next Article