Lentedag by die vervoerkern

Lentedag met Georgie

Georgie vier lente.

Lentekoors het hoog geloop by die George-vervoerkern op Lentedag met die gewilde GO GEORGE-gelukbringer, Georgie, wat suigstokkies uitgedeel het aan kleingoed wat per bus saam met hulle ouers dorp toe gekom het. Georgie moes soos altyd bont staan vir selfies – en nie net saam met die kinders nie!

GO GEORGE-passasiersdiensbeampte Nomalizo Linda het Georgie bygestaan en seker gemaak dat niemand met die lekkergoed oorgeslaan word nie.


Previous Article

Next Article