Passasiers juig oor nuwe kaartjiereëling

GO GEORGE het onlangs ‘n verandering aan die kaartjiestelsel van die busdiens, wat passasiers in staat stel om vir een uur met een kaartjie in enige rigting te reis, aangekondig. Dit sluit onbeperkte oorklim tussen busse in. Hierdie toegewing is wyd deur passasiers verwelkom aangesien baie voorheen ‘n tweede kaartjie moes koop wanneer hulle hul reis onderbreek het, of met dieselfde roete teruggery het huis toe.

Louisa Matthhee

Louisa Matthhee gebruik die Denneoord-bus om werk btoe te ry, maar onderbreek haar rit om haar seuntjie, Ruan (2) op pad dorp toe by die Trippeltoontjie-kleuterskool af te laai. Voorheen moes Louisa weer ‘n kaartjie koop wanneer sy haar rit dorp toe hervat, maar nou word haar hele rit deur een kaartjie gedek. “Ek waardeer dit regtig dat GO GEORGE na sy kliënte luister; ek het self by hul kliëntediens gekla oor hierdie situasie. Dit spaar ons gesin ‘n aansienlike bedrag aan maandelikse vervoeruitgawes,” sê sy.

Rosemoor VOX POP

Baie van die senior burgers by die Rosemoor-dienssentrum vir bejaardes maak gereeld gebruik van die GO GEORGE-busdiens. Hierdie sewe dames juig oor die nuwe reëling van “een kaartjie, vir een uur, in enige rigting”. Hulle kan nou maklik dorp toe of apteek toe ry, hul sake doen en soms binne een uur weer terugry huis toe, alles met een kaartjie. Voor, van links, is Lenie Jacobs (75), Averil Laws (63), Susanna Tarentaal (64) en Sarah Louw (69). Agter, van links, is Ellen Abrahams (75), Bernadette Schoeman (64) en Elizabeth Stuurman (65).


Previous Article

Next Article