Passasiers word aangemoedig om kaartjies by verkoopspunte te koop

Go George Bus Ticket Vendors

So kry ’n mens, soos Langenhoven sou sê, die swaarkry met lekkerkry klaar! Captain’s Cabin oorkant die vervoersentrum (Transport Hub) is ’n GO GEORGE-verkoopspunt waar Sophia Martins (links) met ’n glimlag buskaartjies verkoop. Haar ewe vrolike kliënt is Katie Pobey. Buspassasiers word aangemoedig om hul kaartjies te koop voordat hulle op die bus klim. Dit spaar opklimtyd en help sodoende dat die stelsel op skedule bly. Geregistreerde kaartjieverkopers is regoor die dorp aangestel om dit vir passasiers moontlik te maak om die goedkoper kaartjies vooraf by verkoopspunte te koop teen R9 vir ’n enkelkaartjie (op die bus kos dit R10) en R85 vir ’n multiritkaartjie wat vir 10 ritte geldig is.

Sien die verkoopspunte hier


Previous Article

Next Article