Plaaslike skoonheid ondersteun Vervoermaand

Gela le Roux

Plaaslike Mev. SA-finalis, Géla le Roux, het haar steun toegesê aan Nasionale Vervoermaand en die regering se veldtog om die gebruik van openbare vervoer aan te moedig. Sy het onlangs besoek afgelê by die GO GEORGE-depot en is oorweldig deur die omvang van die diens en die groen- en blou vloot wat teen die agtergrond van die Outeniquaberge geparkeer staan. “As ons almal ’n poging aanwend om minder motors op die pad te plaas, kan ons help om ons kosbare planeet teen lugbesoedeling te beskerm,” sê sy. “So, kom aan, families, neem die kinders op ’n GO GEORGE-busrit en los die motor by die huis. Dis nou vakansiepret, mét ’n goeie doel!”


Previous Article

Next Article