Vakansiewense van GO GEORGE

GO GEORGE-inbelsentrum

GO GEORGE wens alle inwoners en besoekers ‘n wonderlike en vreugdevolle vakansieseisoen saam met hul geliefdes toe.

Alle GO GEORGE-dienste gaan voort regdeur die vakansie, en sal op Kersdag, 25 Desember, die Sondagskedule volg. Op die ander vakansiedae, 26 Desember 2017 en 1 Januarie 2018, ry die busse volgens die Saterdagskedule.

Hier sit die GO GEORGE-passasiersdiensagente, uitgevat vir die feesseisoen, gereed om van hulp te wees in die GO GEORGE-inbelsentrum: voor is Wendy de Vos, en agter haar is van links, Nozandi Cwati, Lee-Ann Wiltshire en Gledene le Fleur.

Die inbelsentrum neem dwarsdeur die vakansie van 05:00 tot 21:30, sewe dae per week, oproepe. Skakel die vriendelike personeel gerus by 0800 044 044.


Previous Article

Next Article