Word ‘n GO GEORGE-kaartjieverkoopspunt

Besigheidsgeleentheid vir die heel klein ondernemings ook

Die George-munisipaliteit nooi gemeenskapsorganisasies, skole, besighede en tuisondernemings – selfs so klein soos “spaza-winkels” – om aansoek te doen om verkoopspunte vir GO GEORGE-buskaartjies te word. Kaartjieverkope is nie net ‘n nuttige diens aan die gemeenskap nie, maar sal beslis ook meer voete na verkopers se ondernemings lei.

“Daar is twee redes vir die uitbreiding van ons kaartjieverkoopspunte,” sê James Robb, GO GEORGE-bestuurder. “Ons wil kaartjieverkope graag in die gemeenskap inneem en dit sodoende makliker maak vir passasiers om hul kaartjies te bekom, terwyl ons terselfdertyd die koop van kaartjies op die bus wil ontmoedig. Dit vertraag die opklimproses wanneer kaartjies by die bestuurder op die bus gekoop word, en maak dit moeilik om by ons tydskedules te hou en passasiers betyds by hul bestemmings te kry.”

Volledige ondersteuning en handelsmerkmateriaal word aan verkoopspunte verskaf, en inligtingsmateriaal oor die operasionele prosedures en vereistes wanneer jy as verkoopspunt optree, is beskikbaar by info@gogeorge.org.za.

Amptelike aansoekvorms en Aanduiding van Belangstelling-dokumente is egter op die munisipale webblad (www.george.org.za) onder “Tenders” beskikbaar, of by Voorsieningsadministrasie, Eerste Vloer, George-munisipaliteit, Yorkstraat 71. Skakel Henry Mitchell by 044 801 9021 of Allodene Jonas by 044 801 9021 vir meer inligting oor die amptelike aansoekproses. Die proses is vereenvoudig vir nuwe aansoeke om dit makliker te maak vir voornemende kaartjieverkopers om aansoek te doen.

Aansoeke sluit op 14 Oktober 2016.

Laai die aansoek form af


Previous Article

Next Article