GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

GO GEORGE-dienste aan nuwe studente bekendgestel

GO GEORGE-passasiersdiensbeampte Akhona Gxumisa verduidelik die busroetes aan Mamvemve Makena. Mamvemve is 'n BCom Rek-student van Port Elizabeth.

Ten spyte van al die opwinding om universiteit toe te gaan, om deel te word van die kampuslewe en om jou pad in ‘n vreemde stad te vind, kan die ondervinding vir eerstejaarstudente oorweldigend wees. Met die oog hierop het GO GEORGE ‘n inligtingstalletjie by die registrasiebystand-ekspo op die NMU George-kampus aangebied om busdiensinligting aan studente, ouers en personeel te verskaf.

Hoewel die busroetes nog nie die kampus bereik het nie, maak studente van die busdiens in en om die dorp gebruik om by winkelsentrums, mediese dienste, plekke van aanbidding en ontspanning of sportgeriewe uit te kom. Studente wat uit landelike gebiede of kleiner dorpe sonder openbare busdienste kom, was beïndruk en bly om te hoor van die bekostigbare en geskeduleerde dienste wat deur GO GEORGE gelewer word. 

Enige nuwe busgebruikers word genooi om die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044 te skakel vir inligting oor Slimkaart- en ritaankope en hulp met die beplanning van hul ritte. Al die nodige stelselinligting soos roetekaarte en tydroosters is ook beskikbaar vir aflaai op hierdie webwerf.

Yibabathi Vetini (tweede van links) en Sukude Lwando (heel regs) is twee nuwe IT-studente van Umthata wat opgewonde was om meer te wete te kom oor die opsies wat die busdiens bied. GO GEORGE- passasiersdiensbeamptes Akhona Gxumisa (heel links) en Zanele Matiwana het dit geniet om met die opgewonde nuwe studente te gesels.

Latest News

YOUR SAFETY IS OUR CONCERN
Do not extend your legs or personal belongings into the aisle - this can cause someone to trip and fall.
Do not extend your legs or personal belongings into the aisle - this can cause someone to trip and fall.
@george_mun

Don’t wait until there are no trips left on your GO GEORGE Smart Card. You can top up at any of the GO GEORGE Smart Card kiosks, at a mobile kiosk parked near you, or at more than 100 top-up vendors all over town.
@george_mun

Load More