GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

GO GEORGE help leerders om die beste roete te beplan

Elethu Ntazini en Asisebenzele Josias woon in Lawaaikamp en ry bus na Pacaltsdorp Sekondêre Skool toe. GO GEORGE-passasiersdiensbeampte Janell Gelant het hulle gehelp om te verstaan hoe verskillende roetes hulle skool toe en huis toe kan neem.

Ná ‘n suksesvolle program verlede jaar het GO GEORGE nog ‘n rondte skoolbesoeke aangepak om graad 8-leerders wat bus ry skool toe vertroud te maak met hul verskillende roete-opsies.  Senior leerders gebruik ook hierdie geleentheid om te leer hoe om die netwerk van roetes en vaste skedules tot hul voordeel te gebruik.

Skoolkinders is ‘n belangrike komponent van passasiers wat daagliks van die GO GEORGE-busdiens gebruik maak. 

“Hoewel die meeste hul roete skool toe ken, is die leerders wat vanjaar met hoërskool begin  dalk nie bewus van die verskillende roetes en oorklimpunte wat beskikbaar is om hulle by hul nuwe skole te kry nie,” sê Morné Lakay, waarnemende GO GEORGE-bestuurder. “Ons sien leerders wat by bushaltes wag en hoop om op ‘n bus te klim wat dalk reeds vol is teen die tyd dat dit hulle bereik, terwyl nog ‘n geriefliker roete op ons netwerk beskikbaar is wat die verskillende areas in die dorp verbind.” 

‘n Unieke kaart wat die verskillende opsies skool toe en huis toe uitbeeld, is vir elke skool geskep en word by bushaltes naby die skole of tydens groepbesoeke aan die skool uitgedeel en aan die jong passasiers verduidelik. Hierdie kaarte kan ook afgelaai word vanaf die School Routes-blad.

Enige skole wat ‘n besoek van die GO GEORGE-kommunikasiespan wil aanvra, kan ‘n boodskap by die inbelsentrum laat deur 0800 044 044 te skakel. Die inbelsentrumagente is ook goed ingelig en toegerus om passasiers met ritbeplanning te help.

Jonah Wolhuter en Steven Uithaler is leerders aan die Van Kervel-skool. GO GEORGE-passasiersdiensbeampte Ferdie Geduld het hulle gehelp om hul ritte skool toe en terug huis toe te beplan.
Theahandre Holland was verras deur die verskillende opsies om met die bus by Hoërskool Outeniqua uit te kom, soos verduidelik deur GO GEORGE-passasiersdiensbeampte Khadija Luangula.
Tyron Jeyi, GO GEORGE-gemeenskapskakelbeampte, het aan die graad 8-leerders by Hoërskool Heatherlands verduidelik hoe die busstelsel werk en hoe die netwerk van roetes passasiers toelaat om van enige gebied in die dorp na hul bestemming te ry deur tussen roetes oor te klim.

Latest News

YOUR SAFETY IS OUR CONCERN
Do not extend your legs or personal belongings into the aisle - this can cause someone to trip and fall.
Do not extend your legs or personal belongings into the aisle - this can cause someone to trip and fall.
@george_mun

Don’t wait until there are no trips left on your GO GEORGE Smart Card. You can top up at any of the GO GEORGE Smart Card kiosks, at a mobile kiosk parked near you, or at more than 100 top-up vendors all over town.
@george_mun

Load More