The addition of 35 minibuses to the GO GEORGE bus service on 30 August 2015 enables the GO GEORGE team to implement some welcome route refinements to Phases 1 and 2.
Hierdie tweerigting roete is die enigste een wat fisies verander (sien kaart hierbo). Dit sal voortaan deur minibusse bedien word en gaan verander om areas wat tot nou toe nie toeganklik was vir standaardbusse nie, in te sluit. By die kruising met Uniestraat en Yorkstraat het die roete voorheen regs gedraai in Yorkstraat en weer links in CJ Langenhovenweg. Yorkstraat en CJ Langenhovenweg sal voortaan uitgesny word, met die roete wat van Uniestraat oor Yorkstraat reguit in Plattnerboulevard aangaan, regs draai in Barkhuizenrylaan, links in King Georgestraat, verby die King George-hotel, via Augusta-straat na die Outeniqua-stadion en George-hospitaal, in die rigting van die dorp via Davidson- en Courtenay-straat, en uiteindelik regs in Cradockstraat na die Middedorp-wisselaar. Die omgekeerde roete loop langs dieselfde roete, net in die ander rigting.
Hierdie tweerigtingroete sal van nou af deur minibusse bedien word, behalwe op Saterdae en openbare vakansiedae wanneer standaardbusse gebruik sal word. Niks anders verander nie. Die minibusse sal dikwels
genoeg vertrek om almal wat by die Garden Route-winkelsentrum moet uitkom betyds daar te bring; almal sal net nie gelyk daar aankom nie.
Hierdie tweerigtingroete bly presies dieselfde, maar sal voortaan deur minibusse bedien word.
Hierdie tweerigtingroete bly presies dieselfde, maar sal voortaan deur minibusse bedien word. Die frekwensie van busse voor die skole soggens begin, sal verhoog word om skoolkinders steeds betyds by Laerskool Denneoord te besorg. Sien die tydrooster langsaan.
Hierdie roete bly dieselfde – geen verandering aan busse of skedules nie.
Hierdie tweerigtingroete bly presies dieselfde, maar sal voortaan deur minibusse bedien word.
Hierdie roete bly onveranderd tot 12:00, wanneer die roete rigting omkeer (reverse) deur via die driehoek met Voortrekker- en Fabriekstrate af te ry om die hoofbeweging van passasiers gedurende daardie tyd van die dag te bedien.
Hierdie roete het tot dusver in een rigting gery, maar sal van nou af ook tweerigting wees wat beteken dat die busse in beide rigtings sal ry. Dit sal deur minibusse teen hoë frekwensie (baie gereeld) bedien word.