GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

GO GEORGE-ure en -skedules gedurende vakansieseisoen

Werkers wat later ure werk gedurende Desember verwelkom die later busritte aan die einde van hul werksdag.

Alle GO GEORGE-dienste sal regdeur die vakansie voortgaan, met spesiale voorsiening vir kliënte en werknemers by die Garden Route Mall en Eden Meander-winkelsentrums waar verlengde besigheidsure geïmplementeer sal word. 

Later busse vir langer besigheidsure

Op weeksdae, van 15 tot 31 Desember 2023, sal die volgende veranderings geld: 

Vertrekpunt by Garden Route Mall:

Roete 12 na Pacaltsdorp: 19:00 rit vertrek 19:20; 19:30 rit vertrek 19:40

Roete 16 na Parkdene: 19:08 rit vertrek 19:20; 19:33 rit vertrek 19:40

Roete 53 via Rosemoor na middedorp: 19:00 rit vertrek 19:20

Roete 7 na middedorp: 19:10 rit vertrek 19:21; 19:40 rit vertrek 19:51

Vertrek uit middedorp:

Roete 2 na Blanco: 19:30 rit vertrek 19:40

Openbare vakansiedae 

Busse sal op 15, 16 en 26 Desember die Saterdagskedule volg terwyl die Sondagskedule op Kersdag, 25 Desember sal geld, asook op 1 Januarie.  

Enigiemand wat hulp benodig met ritbeplanning is welkom om die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044 te skakel – die agente neem oproepe van 05:00 tot 20:00, sewe dae per week, regdeur die vakansieseisoen.

Latest News

YOUR SAFETY IS OUR CONCERN
Do not extend your legs or personal belongings into the aisle - this can cause someone to trip and fall.
Do not extend your legs or personal belongings into the aisle - this can cause someone to trip and fall.
@george_mun

Don’t wait until there are no trips left on your GO GEORGE Smart Card. You can top up at any of the GO GEORGE Smart Card kiosks, at a mobile kiosk parked near you, or at more than 100 top-up vendors all over town.
@george_mun

Load More