Padkonstruksie in Missionstraat, Rosemoor

7
Jun '18

Konstruksie sal plaasvind vanaf Donderdag 7 Junie tussen die Industrial- en Millerstraatkruisings, met hierdie deel van die pad geheel en al gesluit vir ten minste 10 weke, waarna ‘n 24-uur stop-en-ry-reëling sal geld met enkelbaanverkeer vir die res van die projek. Hierdie gedeelte van die opgraderings sal na verwagting teen die einde van November 2018 voltooi wees.

Die twee Rosemoor-roetes (53 en 53B) sal herlei word langs Industrial- en Grensstraat. Bushaltes wat geraak word, is 219 Sauer, 217 George High, 216 George High, 214 Rosemoor, 215 Rosemoor, en 623 Grens B.

Gedurende die tydperk van algehele sluiting sal ‘n tydelike halte opgerig word in Grensstraat, ná die kruising met Attakwastraat. Enige ander tydelike haltes wat nodig geag mag word gedurende konstruksie, sal aan passasiers gekommunikeer word.

Latest news