GO GEORGE: Eerste roete na Thembalethu rol volgende naweek uit
In ’n gesamentlike verklaring wat vandag uitgereik is, het die Wes-Kaapse regering en George-munisipaliteit aangekondig dat die eerste roete van die GO GEORGE-busdiens na Thembalethu op Sondag 5 November 2023 sal uitrol. Daar is besluit om met een roete, Roete 18A van Thembalethu na Blanco, te begin. Meer roetes sal voortdurend uitgerol word totdat al […]
GO GEORGE kry terugvoer van passasiers
Die jaarlikse GO GEORGE-passasierstevredenheidsopname het afgeskop met ‘n span van 15 navorsingsbeamptes wat onderhoude voer met passasiers by bushaltes, sakelui, en spesiale belangegroepe. Verskeie opnames sal oor ‘n tydperk van ses weke tot en met die einde van Oktober 2023 gedoen word. Mense regoor die dorp deel graag hul menings oor verskillende aspekte van die […]
GO GEORGE-skedule op Erfenisdag
Met ’n openbare vakansiedag wat voorlê op die dag ná Erfenisdag (Sondag 24 September), is dit belangrik vir passasiers om kennis te neem dat die Saterdagskedule gevolg sal word op Maandag 25 September 2023. In geval van onsekerheid oor die Saterdag-skedules, skakel asseblief die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044 waar agente sewe dae per week […]
GO GEORGE-opname om sosio-ekonomiese impak van busdiens te meet
‘n Passasierstevredenheidsopname onder die gesamentlike vaandel van die Wes-Kaapsedepartement van mobiliteit en die munisipaliteit van George sal binnekort van stapel gestuurword met die doel om die algehele sosio-ekonomiese impak van die implementering van dieGO GEORGE-busdiens in George te bepaal en te meet. Makro-, vervoer- en sosio-ekonomiese impak gemeet Die algehele impak sal op drie hoofgebiede […]
GO GEORGE onderneem proeflopie deur Thembalethu
Ter voorbereiding vir die uitrol van die GO GEORGE-busdiens na Thembalethu, sal ‘n proeflopie deur die gebied oor etlike dae plaasvind vanaf Dinsdag 29 Augustus 2023, ondersteun deur veiligheid-, infrastruktuur- en stelselbeplanningspanne. Tydens hierdie ritte, wat in die blou- en groen gemerkte busse onderneem word, sal die werklike tyd wat dit neem om die verskillende […]
GO GEORGE-skedule of Vrouedag
Met Nasionale Vrouedag voor die deur, is dit belangrik vir GO GEORGE-passasiers om kennis te neem dat die Saterdagskedules gevolg sal word op hierdie openbare vakansiedag, Woensdag 9 Augustus. Vir enige navrae, skakel gerus die GO GEORGE-inbelkantoor by 0800 044 044, of besoek die GO GEORGE Facebook– of die Timetables-blad waar alle roetes, kaarte en […]
Koester daardie Slimkaart – dis jou sleutel om bus te ry
Toe GO GEORGE die slimkaartstelsel in 2018 bekendgestel het, was die konsep om ‘n kaart te tik of te skandeer om in ‘n bus te klim, nuut vir die meeste passasiers wat die busdiens gebruik. Vandag is dit tweede natuur, met bykans 120 000 kaarte wat tot dusver verkoop is. Hierdie syfer is egter veel […]
GO GEORGE-Personeel bedien warm sjokolade op Mandeladag
‘n Onverwagse koppie warm sjokolade op pad werk toe of om die dokter te sien! Dit is wat pasiënte en personeel by die George-hospitaal op Mandeladag (18 Julie) ingewag het toe GO GEORGE-personeellede 67 minute van hul privaat tyd en eie bestanddele gegee het om hulle te verras met ‘n geurige koppie warm sjokolade, koffie […]
GO GEORGE-passasierstevredenheid gemeet deur opname
Die jongste resultate van ‘n jaarlikse passasierstevredenheidsopname wat onder gebruikers van die GO GEORGE-busdiens gedoen is, het bevestig dat die meeste passasiers hoogs tevrede is met die GO GEORGE-diens en die geleenthede wat dit bied ten opsigte van toeganklikheid en mobiliteit. Hulle waardeer die buigsaamheid van die stelsel en sê dit is veiliger en meer […]
Multirit-aankope op Slimkaart baie goedkoper
Koop voor tariefverhoging en spaar Om grootmaat te koop, is die slim keuse as jy jou Slimkaart met busritte aanvul – dit is baie goedkoper én boonop geriefliker. Herlaai voordat jy geen ritte oor het nie, en doen dit wanneer jy nie haastig is om by die werk of skool te kom nie. Dit is […]