GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

Thembalethu verwelkom GO GEORGE met ope arms

Die busterminus by die Jonga-sirkel in Thembalethu is ruim en akkommodeer verskeie busse wat wag om te vertrek. Die busse maak hul omdraai na die dorp by hierdie sirkel.

“Ek sal R800 per maand spaar deur voortaan van die busdiens gebruik te maak.”
“Ek het vroeg, in die donker, begin om oor die brug te loop om ‘n bus te haal. Nou kan ek die bus een blok van my huis af haal!”
“Ek het Slimkaarte vir my kinders kom koop – hulle hoef nou nie meer na hul skool in Borcherds te stap nie!”
“Dit is so lekker om ná ‘n dag se harde werk tot binne-in Thembalethu te kan bus ry …”

Dít was die kommentaar van passasiers wat Maandag bus gery het tussen Thembalethu en Blanco nadat GO GEORGE Sondag die eerste roete na dié gemeenskap uitgerol het. ‘n Totaal van 1954 passasiers het op hierdie eerste weeksdag op busse op Roete 18A geklim.

Inwoners in Thembalethu het met groot afwagting tougestaan om die nuwe roete te beproef. Volgens Morné Lakay, waarnemende bestuurder van GO GEORGE, is dit duidelik dat ‘n groot persentasie van die passasiers reeds busgebruikers was wat voorheen by die netwerk van roetes aangesluit het deur óf met ‘n minibustaxi tot in die dorp te ry óf oor die N2-brug te stap om ‘n bus in Parkdene te haal.

“Gewoonlik het die vervanging van ‘n informele metode van openbare vervoer met ‘n meer formele, geskeduleerde openbare vervoerstelsel sy eie unieke uitdagings in elke gemeenskap, maar baie Thembalethu-mense is bekend met die stelsel en kan selfs hul vriende en bure raad gee of lei om die busdiens te gebruik,” het hy gesê.

“Natuurlik is ons passasiersdiensbeamptes beskikbaar en gereed om by die Slimkaartkiosk en die bushaltes te help om die nuwelinge te ondersteun. Nuwe passasiers wat onseker voel, is baie welkom om ondersteuning te vra op ‘n eerste rit deur ons inbelsentrum te skakel en reëlings te tref,” het hy bygevoeg.

Meer inligting rakende die gebruik van die stelsel en ritbeplanning kan verkry word deur die inbelsentrum tolvry te skakel by 0800 044 044, ‘n e-pos te stuur na info@gogeorge.org.za, of hierdie webtuiste te verken of die GO GEORGE Facebook-blad te besoek.

Dié foto is Sondag om 05:00 geneem met Thembalethu se eerste bus reg voor, gereed vir sy eerste rit op die nuwe roete.
Dié passasiers wat Sondagoggend vroeg by die Ngcakani-bushalte tougestaan het, kan daarop aanspraak maak dat hulle van die eerste passasiers was wat in Thembalethu op ‘n GO GEORGE-bus geklim het.
Luxolo Mbelu, Ayanda Nongxaza en Hlumelo Maso werk almal by Fancourt en kan nou die R18A-bus reguit na hul werkplek neem.
Die eerste roete wat na Thembalethu uitgerol is, ry langs Nelson Mandela Boulevard na Blanco en terug.

Latest News

IT'S OUR 9th BIRTHDAY TODAY!
Join us in celebrating by taking a birthday photo at the Transport Hub!
Enjoying the festivities are Emmanuel Brits (16 months), mom Marsha Brits, and Sophie Tee. 🥳🤩
@george_mun

IT'S OUR 9th BIRTHDAY TODAY!
Join us in celebrating by taking a birthday photo at the Transport Hub!
Clayton Konstabel and Reanay Marnewick wished GO GEORGE a Happy Birthday 🥳🤩
@george_mun

Load More