Navorsingsbeamptes wat individue nader of huishoudings in die George-omgewing besoek, sal identifikasiekaarte dra. Hier werk Siphiwo Mathys deur 'n vraelys met Patience Tisani, 'n passasier wat in Thembalethu woon.
‘n Onafhanklike studie onder die gesamentlike vaandel van die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke en die George-munisipaliteit sal volgende week van stapel gestuur word met die doel om die algehele ekonomiese impak van die implementering van die GO GEORGE-busdiens in George te bepaal en te meet.
Die 2021 makro-, vervoer- en sosio-ekonomiese studie van die George Geïntegreerde Openbare Vervoernetwerk (GIPTN) sal van Oktober 2021 tot Mei 2022 in George uitgevoer word.
Makro-, vervoer- en sosio-ekonomiese impak gemeet
Die algehele impak sal gemeet word in drie hoofareas, naamlik makro-ekonomiese, vervoer-ekonomiese en sosio-ekonomiese impak. Verskeie opnames sal oor ‘n tydperk van twee maande gedoen word, van 18 Oktober 2021 tot middel Desember 2021.
George-inwoners sal genader word vir terugvoer deur middel van die volgende vier opnames:
Navorsingsbeamptes maklik om te identifiseer
Navorsingsbeamptes sal GO GEORGE- identifikasiekaarte met die persoon se foto- en ID-nommer dra. ‘n Beroep word op die George-gemeenskap gedoen om vyf minute af te staan wanneer hulle genader word en te help met die waardevolle terugvoer wat slegs bekombaar is van diegene wat die busdiens gebruik, of op een of ander manier deur die busdiens se bedrywighede geraak word.
Data wat deur die studie verkry word, sal opgeteken en ontleed word vanaf middel November 2021 tot April 2022, met finale resultate, gevolgtrekkings en verslae wat aan die einde van Mei 2022 voltooi moet word.
Vir meer inligting of navrae kan die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044 gebel word.