Glen Fortuin, gemeenskapsontwikkelingswerker by die George-vereniging vir persone met gestremdhede (APD), verduidelik hoe belangrik dit is om ook sensitief te wees teenoor mense met onsigbare gestremdhede.
Hierdie stelling was die vertrekpunt tydens ‘n reeks sensitiseringswerkswinkels met GO GEORGE-frontliniepersoneel wat deur Glen Fortuin, gemeenskapsontwikkelingswerker by die George Vereniging vir Persone met Gestremdhede (George APD), aangebied is.
Met November wat die bewusmakingsmaand vir persone met gestremdhede is, werk GO GEORGE weereens saam met belanghebbendes in dié sektor om bewustheid te verhoog en groter doeltreffendheid vir ‘n inklusiewe diens te bereik. Die fokus is op die eienskappe van GO GEORGE wat dit vir almal toeganklik maak en om die gemeenskap te bemagtig om toegang tot werk-, ekonomiese en opvoedkundige geleenthede te verkry.
Persone met gestremdhede sluit in diegene wat fisiese, psigososiale, intellektuele, neurologiese en/of sensoriese gestremdhede het en wat as gevolg van verskeie houdings-, kommunikasie-, fisiese of inligtingshindernisse verhoed word om ten volle en effektief, op gelyke basis met ander in die samelewing deel te neem.
Volgens Morné Lakay, waarnemende GO GEORGE-bestuurder, het die busdiens ten doel om frontliniepersoneel soos inbelsentrumagente, inligtingsbeamptes en passasiersdiensbeamptes te bemagtig met vaardighede om persone met gestremdhede te ondersteun. “Ons wil help met die proses van houdingsverandering onder passasiers. Mense se bedoelings kan suiwer wees, maar hulle weet dalk nie hoe om ‘n persoon met ‘n gestremdheid te benader wanneer hulle hulp aanbied nie. Ons moet in gedagte hou dat nie alle gestremdhede sigbaar is wanneer ons met mense in die openbaar omgaan nie, en dat mense verskillende maniere van interaksie benodig. Iemand kan na ‘rolstoelgebonde’ mense verwys terwyl die korrekte terminologie rolstoelgebruikers is – Glen het ons met reg geleer dat ‘n rolstoel ‘n vervoermiddel is en nie ‘n tronk nie,” het hy gesê.
‘n Paar wenke van Glen:
Enigiemand met ‘n gestremdheid wat onseker voel oor die gebruik van die GO GEORGE-busdiens is welkom om die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044 te skakel om persoonlike leiding en hulp deur passasiersondersteuningspersoneel te versoek.