Die George-gemeenskap vier van 1 tot 8 Oktober die stad se eerste Erfenisfees. Neem asseblief kennis van die tydelike padsluitings wat ‘n uitwerking sal hê op sommige GO GEORGE-roetes op die volgende datums en tye:
30 September:
- Yorkstraat sal gedeeltelik gesluit wees tussen Victoria- en Hiberniastraat van 17:30 tot 18:30 vir ‘n kleurpretloop, maar busse sal geakkommodeer word. Geringe vertragings mag voorkom.
- 18:00 – 21:00: Algehele sluiting van Yorkstraat tussen Hiberniastraat en die Yorkstraatsirkel (Eenheidspark) vir feesaktiwiteite.
Gedurende hierdie tyd sal alle busse wat uit Cradockstraat in die middedorp na Pacaltsdorp ry, in die rigting van Courtenaystraat ry, daar links draai, dan weer links in Meadestraat, regs in Cathedralstraat en links in Yorkstraat (slegs busse). - Roete 56 Denneoord sal herlei word om in die middedorp uit te kom via Courtenaystraat, vanwaar die busse regs sal draai in Meadestraat, links in Markstraat en links in Cradockstraat.
Die naaste bushaltes vir mense wat die feesprogram by Eenheidspark wil bywoon:
- Vanaf Blanco: York D-halte (313) oorkant Standard Bank (h/v Hibernia en York)
- Vanaf Pacaltsdorp: York C-halte (866) in Markstraat, oorkant die Siviele Ingenieursdepartement (ou stadsaal)
- Vanaf Rosemoor: Ry middedorp toe, klim oor op Blanco-roete en klim af by Market-halte (553) voor die poskantoor.
- Vanaf Denneoord: Gebruik roete 56, klim af by die Meade-halte (149) in Courtenaystraat en stap die entjie terug Eenheidspark toe.
- Vanaf Loeriepark: Ry middedorp toe, klim oor op Blanco-roete en klim af by Market-halte (553) voor die poskantoor.
4 Oktober:
Die inkomende baan van Yorkstraat (in die rigting van die middedorp) sal van 18:00 tot 20:00 vir ‘n pretwedloop gesluit wees tussen die Hoopstraatsirkel (lughawepad) en Nelson Mandela-boulevard. Die drie hoofroetes uit Pacaltsdorp na die middedorp sal via Hoopstraat ry, links draai in Uniestraat, regs in Mitchellstraat, links in Markstraat en dan regs in Cradockstraat. Hierdie busse sal langs die gewone roete terugry Pacaltsdorp toe.
Besoek George Heritage Festival