Die Outeniqua “Girl Guides” het onlangs ’n pretuitdaging vir die hele familie aangebied wat soveel geniet is, dat hulle beplan om hierdie “Amazing Rally” ’n jaarlikse instelling te maak.

Die organiseerders het gemeen die GO GEORGE-bushaltes met hul “vreemde” nommers is die ideale uitdaging om punte bymekaar te maak. Deelnemers moes ’n selfie by die betrokke bushalte neem as bewys dat hulle dit gevind het.