PACALTSDORP ROADWORKS

Road upgrades starting in Pacaltsdorp on Monday 14 October 2024 will impact several GO GEORGE bus routes.

BEWUSMAKINGSMAAND VIR DIE REGTE VAN PERSONE MET GESTREMDHEDE: Wat is universele toegang?

10
Nov '21
A person in a wheelchair crossing the street at a pedestrIan crossing, approaching a dropped kerb in the sidewalk.
George se sypaadjies word stelselmatig opgegradeer om meer toeganklik te wees. Voetgangeroorgange het ‘n verlaging van die randsteen wat toeganklikheid verseker vir mense met mobiliteitsgestremdhede.

“Universele toegang” (Universal Access of UA) is ‘n bekende term in die sfeer van gestremdheid en beslis ‘n gonswoord in die openbare vervoerbedryf, insluitend die GO GEORGE-busdiens. As jy nie in hierdie kringe beweeg nie, kan jy dink dat dit bloot verwys na toegang tot enige plek in die heelal.

Dit is egter belangrik dat elke burger die term moet verstaan en hoe hulle inpas by die prentjie en verwagtinge vir die samelewing om “universele toegang” te skep en te verskaf.

Universele toegang verwys na die vermoë van alle mense om gelyke geleenthede en toegang tot ‘n diens of produk te hê waaruit hulle kan baat vind, ongeag hul sosiale klas, etnisiteit, afkoms sowel as hul ouderdom, geslag en of hulle ‘n gestremdheid het of nie. In hierdie raamwerk kan die universele toeganklikheid van openbare vervoer van kritieke belang wees vir verskillende doeleindes soos pendel om by die te werk te kom, by vermaaklikheidsaktiwiteite in te skakel of produkte en dienste te koop.

Ingevolge die Suid-Afrikaanse reg en in terme van internasionale verbintenisse wat aangegaan is, moet passasiers met verskillende maniere van beweging (kinders, jongmense, bejaardes, mense met gestremdhede, mense wat babas by hulle het of inkopiesakke dra, swanger vroue, ens.) openbare vervoerdienste met gemak, veiligheid, spoed en kapasiteit kan gebruik; met ander woorde, met waardigheid.

Hoe pas GO GEORGE universele toegang toe?

Volgens James Robb, GO GEORGE-bestuurder, gaan universele toegang oor baie meer as om op die bus te kan klim. “Die meeste mense weet dat ons toeganklike opklim op die bus deur die skuins opritte en hystoestelle op ons busse verskaf, en dat prioriteitsitplekke gereserveer word vir passasiers met spesiale behoeftes. Ons moet egter ook die toestand van die sypaadjies oorweeg wat mense moet gebruik om by die bus uit te kom, die plasing van skuilings op smal sypaadjies en die ruimte wat oorbly vir mense wat mobiliteitstoestelle gebruik.

“Ons moet die leesbaarheid van die bushalteteken in gedagte hou, asook die toeganklikheid van al ons kommunikasieprodukte, met byvoorbeeld die lettertipes en kleurkontraste wat gebruik word, en beskrywings van visuele materiaal op ons webwerf. Voelbare plaveisel by die bushalte kommunikeer aan passasiers wat blind is waar om te wag en terselfdertyd nie obstruksie te veroorsaak nie.

“Ons moet die nabyheid van bushaltes vir voetgangeroorgange in ag neem, en in die toekoms moet ons kyk na die beplanning van ons stad om seker te maak mense kan maklik toegang tot hul bestemmings kry. Ons moet daaraan werk om openbare ruimte veilig, maklik en aangenaam te maak om te gebruik. Dit sal kontrasterende kleure beteken op wat ons ‘straatmeubels’ en rigtingaanwysingsborde noem, om sigbaarheid te maksimaliseer.

“Ten slotte moet ons ons diensverskaffers sensitiseer om bedagsaam te wees en te reageer wanneer nodig. Ons het ‘n baie toegewyde busdrywer- en kliëntediensspan te danke aan ‘n innoverende opleidingsbenadering. Passasiers moet verbeterings in die diens kan ervaar en weet dat ons sal reageer waar ons verkeerd was. Agter die skerms streef ons voortdurend daarna om die manier waarop professionele spanne dienste lewer aan te pas sodat hulle verbeterings op ‘n gekoördineerde wyse implementeer deur universele ontwerp te gebruik.

“Universele toegang is meer ingewikkeld as wat baie mense dink, maar dit is ‘n uitdaging wat GO GEORGE met graagte aanvaar en met entoesiasme aanpak.”

Enigiemand wat belangstel om meer te weet oor universele toegang en hoe dit in die openbare vervoerbedryf toegepas word, is welkom om GO GEORGE te kontak deur die Inbelsentrum by 0800 044 044 te skakel of ‘n e-pos na info@gogeorge.org.za te stuur.

A passenger in a wheelchair boarding a large GO GEORGE bus using the deployed ramp which gives same-level access to the bus. A friendly bus driver is looking on from his driver’s seat.
Op die groter busse word ‘n elektroniese, skuins loopvlak na die opgeboude bushalte ontplooi om toegang te bied aan passasiers wat rolstoele of ander beweeglikheidstoestelle gebruik.
A person in a wheelchair being lifted into a GO GEORGE minibus on the hydraulic hoist.
Die minibus is toegerus met ‘n hidrouliese hyser wat toegang verleen aan passasiers met beweeglikheidsgestremdhede.

Latest news