GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

Busroetes aangepas vir rolstoelmarathon

GO GEORGE OCC Map 2018

Die GO GEORGE-busdiens sal tydelike aanpassings maak aan sekere roetes om die Outeniqua-rolstoelmarathon wat Sondag, 18 Februarie 2018, plaasvind, te akkommodeer. Gedeeltes van Yorkstraat en Parkweg (agter die Eden Meander-inkopiesentrum) sal gesluit wees met gevolglike herleiding van die Rosemoor-roete en die Pacaltsdorp-roetes wat via Yorkstraat inry dorp toe, asook eenrigting diens op die Denneoord- en City Loop-roetes.

Die veranderings kan so opgesom word:

Roetes 1A New Dawn Park – CBD, 1B Harmony Park – CBD, 60 Rosedale – CBD, 60A Syferfontein/Rosedale to CBD

Sondag 18 Feb, 08:00 – 11:00

Normale roete tot by Stanmar Motors, regs in PW Botha Boulevard, links in Randstraat, links in Hopestraat, regs in Yorkstraat by die sirkel – normale roete tot in middedorp.  Die roete terug Pacaltsdorp toe loop dieselfde, net omgekeerd.

Alternatiewe bushaltes

Passasiers wat gewoonlik die Hope 111- en Discovery 114-bushaltes in Yorkstraat gebruik, kan York B 110 (pleks van Hope 111) en Main 113 (pleks van Discovery 114) net om die hoek gebruik.

Route 53 Rosemoor – CBD

Sondag 18 Feb 06:00 – 13:00

Dié roete vertrek steeds by die Garden Route Mall, maar ry dan met Knysnaweg langs en slaan dus die twee Eden Meander-haltes 20 en 21 in Parkweg oor, draai links in St Georgestraat by CTM, regs in Parkweg, en dan voort op die normale roete dorp toe deur Proteapark en Rosemoor. Passasiers wat normaalweg hierdie twee geslote haltes gebruik, kan die Rosemoor-halte by die Garden Route Mall gebruik.

Roetes 56 Denneoord en 13 City Loop

Saterdag vanaf 15:00 – Sondag 11:00

Weens enkelbaan-verkeer vir voorbereiding- en oefendoeleindes sal hierdie twee roetes slegs die kloksgewyse roete volg gedurende hierdie tyd.

Vertragings

Passasiers kan vertragings te wagte wees op alle busroetes weens enkelbaan-verkeer van Saterdag 17 Februarie om 15:00 tot Sondag 18 Februarie om 11:00. GO GEORGE beveel aan dat passasiers ’n vroeër bus neem om seker te maak dat hulle betyds by die werk kom. Minimale ontwrigting van verkeer word verwag danksy enkelbaan-verkeer wat geld vir die grootste gedeelte van die marathonroete en gevolglike minimale padsluitings. Motoriste word vriendelik versoek om geduldig en oplettend te wees wanneer hulle agter busse ry aangesien daar nie nog ’n baan sal wees om ’n bus wat by ’n halte stilhou, verby te steek nie.

Skakel die GO GEORGE-inbelsentrum vooraf by 0800 044 044 vir hulp met alternatiewe ritbeplanning.

Latest News

• Distance travelled since inception: 38 246 603 km
• Bus trips operated since inception: 2 473 683
• Current route network: 33 routes - 142 km
• Passenger trips since inception: 34 798 088
• Average passenger trips per month over the last year: 448 639
@george_mun

Today we celebrate International Day for Older Persons
Let us protect and respect our elderly for the important contribution they have made to our society!
@george_mun

Load More