PACALTSDORP ROADWORKS

Road upgrades starting in Pacaltsdorp on Monday 14 October 2024 will impact several GO GEORGE bus routes.

Busse herlei tydens padopgraderings in CJ Langenhovenweg

10
Aug '22
Drie bushaltes in CJ Langenhovenweg sal tydelik gesluit word tydens die konstruksietydperk.

Beplande konstruksieaktiwiteite in CJ Langenhovenweg gedurende Augustus en September 2022 sal ‘n invloed op GO GEORGE-dienste hĂȘ. Hospitaalpersoneel en besoekers aan die George Hospitaal en Geneva-kliniek sal onder meer geraak word. Konstruksiewerk sal op Donderdag 11 Augustus begin.

Die gedeelte van die pad wat opgegradeer moet word, is tussen George Hospitaal en Yorkstraat, met een baan oop in elke rigting, wat toegang tot padgebruikers langs hierdie gedeelte van die pad toelaat. Aangesien verkeersopeenhopings verwag word, is daar besluit om Roete 2 Blanco-CBD via Davidsonstraat te herlei in die rigting van Blanco na die middedorp. Die herleiding sal strek van die hospitaalsirkel tot by die Yorkstraat-sirkel, waar die roete in Yorkstraat sal indraai en dan weer links in Hiberniastraat op sy normale roete na die Vervoerkern (Hub) in Cradockstraat.

Bushaltes wat geraak word

Bushalte 346 Sports Club aan die hospitaalkant van die straat agter die George-hospitaal sal tydelik gesluit word. Passasiers wat gewoonlik by hierdie halte op die bus klim, word aangeraai om die 143 Hospital-halte in Davidsonweg te gebruik.

Die ander twee bushaltes wat tydelik gesluit word, is 144 Herrie en 587 Palm. Passasiers wat gewoonlik by hierdie haltes afklim, sal nou via Davidson- en Yorkstraat na Hiberniastraat herlei word, en diegene wat gewoonlik by hierdie haltes opklim, sal nou by die 313 York D-halte in Hiberniastraat aan boord moet gaan.

Passasiers wat hulp nodig het met die beplanning van hul ritte is welkom om die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044 te skakel of ‘n e-pos aan info@gogeorge.org.za te stuur.

Latest news