GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

Georgie vier Loslitdag en lente

Georgie Lentedag
Georgie, die GO GEORGE-gelukbringer, is met vreugdekrete begroet toe hy op Lentedag ’n draai gaan maak het by George Voorbereidingskool. Sy blombestrooide lente-hoed is egter oorskadu deur die uitbundige skeppings van die leerders, maar hy het dit tog oor sy hart gekry om saam met ’n paar bewonderaars vir ’n foto te poseer. Voor sit Migael Fick en Ava- Rain Norton, en by Georgie staan, van links, Jordan Stevens, Danielle Barnard, Milan de Villiers en Laylah Conway.

Om te deel in die feestelikhede wat met Lentedag gepaard gaan, het die GO GEORGE-gelukbringer Georgie op Vrydag 1 September ’n draai by George Voorbereidingskool gaan maak. Die skool het ’n kompetisie gehou om die indrukwekkendste, tuisgemaakte lentehoed aan te wys, en Georgie het die kans aangegryp om self in ’n blommeskepping by die skool op te daag.

Hoewel Georgie gewoonlik baie gesteld is op sy netjiese GO GEORGE-uniform, het hy eenvoudig “Loslitdag” gepleit en uitgehaak. Om mense met spesiale behoeftes op die busse te akkommodeer, is ’n baie belangrike deel van GO GEORGE se missie en die busdiens ondersteun Loslitdag, die vlagskip-fondsinsamelingsprojek van die Nasionale Raad vir Persone met Gestremdhede, heelhartig.

Latest News

YOUR SAFETY IS OUR CONCERN - BOARDING THE BUS
Please let elderly people or passengers with special needs get on the bus first.
@george_mun

WHAT A WONDERFUL DAY IT WAS!
Thank you for celebrating our 9th birthday with us and coming to say hello at the Hub or singing us a birthday song on the bus!
GO GEORGE thanks every single person who keeps the wheels rolling, day after day, year after year!
@george_mun

Load More