PACALTSDORP ROADWORKS

Road upgrades starting in Pacaltsdorp on Monday 14 October 2024 will impact several GO GEORGE bus routes.

GO GEORGE-busdiens ingekort weens staking deur busbestuurders

27
Jul '16

George Link het die George-munisipaliteit in kennis gestel van ‘n beplande staking deur die GO GEORGE-busbestuurders vanaf 14:30 op Donderdag, 28 Julie 2016.

“GO GEORGE sal poog om ‘n optimale diens onder die omstandighede te verskaf,” sê James Robb, GO GEORGE-bestuurder. “Ons sal nie by die normale skedules en tydsroosters hou nie, maar sal die besigste roetes so goed moontlik bedien met die bestuurders tot ons beskikking. Ons versoek ons gewaardeerde passasiers om van alternatiewe vorms van vervoer gebruik te maak waar moontlik en ons te help om hul werkgewers en skole in te lig. Ons moedig ook diegene wat volledig van GO GEORGE afhanklik is vir vervoer, om vroeër as gewoonlik by die busstoppe te wag aangesien daar moontlik (afhangend van die hoeveelheid bestuurders wat beskikbaar is) oponthoude kan wees. Soos altyd is die veiligheid van die publiek, ons passasiers, personeel en voertuie van uiterste belang en sal ons dit in gedagte hou wanneer gebeurlikheidsplanne in werking gestel word,” sê hy.

Robb het verskoning gemaak vir die ongerief wat die ontwrigting vir GO GEORGE-passasiers gaan veroorsaak. “Die beste wat ons kan en sal doen, is om die gemeenskap ingelig te hou ten opsigte van die roetes wat gediens sal wordasook enige moontlike vertragings. Buiten kommunikasie direk met passasiers deur middel van pamflette en die jongste nuus via die plaaslike media, kan almal wat geraak word deur die situasie die nuutste inligting op GO GEORGE se Facebook-blad kry, of deur die inbelsentrum by 0800 044 044 te skakel.”

Die GO GEORGE-busbestuurders is in diens van George Link (Pty) Ltd, die onafhanklike busdiensmaatskappy wat ‘n kontrak het met die George-munisipaliteit.  George Link is in die proses is om aansoek te doen om ‘n interdik teen die beplande staking, terwyl hulle voortgaan met onderhandeling met die vakbonde, verteenwoordigers en werknemers om die kwessie op te los.

Latest news