GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

GO GEORGE-diens opgeskort tot verdere kennisgewing

Weens verslae oor intimidasie van GO GEORGE-busbestuurders en passasiers deur lede van die taxibedryf vandag (Maandag 13 Augustus 2018), het bestuurders gevrees vir hul eie veiligheid en dié van hul passasiers. Dit het gelei tot vertragings en gedeeltelike diens sedert laatmiddag.
Gevolglik kondig GO GEORGE met spyt aan dat alle dienste opgeskort word tot verdere kennisgewing.
“Ons is deeglik bewus van die negatiewe impak hiervan op besighede en skole, en inwoners wat openbare vervoer nodig het om by die werk en gesondheidsdienste uit te kom,” sê GO GEORGE-bestuurder, James Robb. “Dit is ‘n besluit wat ons slegs na deeglike beraadslaging geneem het, maar die veiligheid van ons passasiers en personeel is van uiterste belang en alle risiko’s in ag genome, voel ons dat dit die beste besluit is gedagtig aan vorige gewelddadige aksies deur ontevrede individue.”
Passasiers word aangeraai om alternatiewe reëlings te tref, terwyl die George-gemeenskap aangemoedig word om diegene wat vervoer gaan nodig hê om by die werk, skool of gesondheidsfasiliteite uit te kom, te ondersteun. GO GEORGE vra verskoning vir die ongerief en nooi passasiers en werkgewers om die Inbelsentrum by 0800 044 044 te skakel, of die Facebook-blad dop te hou vir die jongste inligting.

Latest News

The Grade R and RR learnes of Blanco Primary School enjoyed a visit with the GO GEORGE team, learning about the bus service and how to behave on and around the bus to ensure a safe ride. 
@george_mun

BE SMART AND TOP UP IN TIME!
Don’t wait until there are no trips left on your GO GEORGE Smart Card.
Go to https://www.gogeorge.org.za/fares-tickets/ and scroll down the page for an up-to-date list of all the top-up vendors.
@george_mun

Load More