GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

GO GEORGE gaan kuier by ouetehuise en aftreeoorde

Tannie Lizzy Barnardo van Blanco is 85 jaar oud en is baie erg oor haar snoesige GO GEORGE-kombersie wat onlangs ná ‘n inligtingsessie aan die bejaardes van die VGK-gemeente Blanco uitgedeel is.

GO GEORGE het vroeër vanjaar weggespring met ‘n veldtog om ouetehuise en aftreeoorde in George te besoek om senior inwoners met ‘n snoesige GO GEORGE-kniekombersie of -inkopiesak te bederf, en terselfdertyd die voordele van die busdiens te verduidelik, en hoe om dit te gebruik. Enige organisasie wat belangstel in ‘n inligtingsbesoek van die GO GEORGE-span is welkom om ‘n boodskap by die inbelsentrum te laat, deur 0800 044 044 te skakel.

Slaggereed om die bus te haal vir ‘n lekker inkopietog met hul GO GEORGE-sakke is, van links, Leon Campbell, Kay Schroeder, Joy Baird en Shirley Campbell van die George Service Clubs-aftreeoord. Die inwoners is ingelig oor die busdiens se geskiedenis en toekomsplanne, en hoe hulle die diens kan benut.

 

 

Ds Christo Joseph (links) en rdl. Jean Säfers, wyksraadslid vir Wyk 1 (heel regs), het saam uitgedeel aan die kleurvolle GO GEORGE-komberse vir die VGB Blanco se bejaardes. Dié groep het die komberse met oop arms ontvang en gesê dit gaan beslis saam op hul toer later vanjaar.

 

Die bejaardes by die Rosemoor-dienssentrum vir bejaardes was baie opgewonde oor die nuwe reëling t.o.v. een kaartjie vir een uur se ritte, in enige rigting, wat pas voor die besoek aangekondig is. Hier spog ‘n paar seniors met hul nuwe GO GEORGE-komberse. Voor van links is Christina du Preez (83), Dolly Abrahams (79) en Mieta Claassen (77). Agter, van links, is die administratiewe beampte van die dienssentrum, Pricelia Page, Simphiwe Schaap, GO GEORGE-gemeenskapskakelbeampte, en Chris Erasmus, sentrumbestuurder.

 

Tydens GO GEORGE se besoek aan die Rosemoor-dienssentrum vir bejaardes het die gemeenskapskakelbeampte, Simphiwe Schaap, ook GO GEORGE-sakgidse uitgedeel. Hier verduidelik hy breedvoerig hoe gerieflik die gids met die stelselkaart en tydroosters is om te gebruik, en hoe dit gelees moet word. Die seniors was hoogs in hul skik met dié handige gids wat in die sak pas.

Latest News

The Grade R and RR learnes of Blanco Primary School enjoyed a visit with the GO GEORGE team, learning about the bus service and how to behave on and around the bus to ensure a safe ride. 
@george_mun

BE SMART AND TOP UP IN TIME!
Don’t wait until there are no trips left on your GO GEORGE Smart Card.
Go to https://www.gogeorge.org.za/fares-tickets/ and scroll down the page for an up-to-date list of all the top-up vendors.
@george_mun

Load More