GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

GO GEORGE inligtingskiosk open by vervoersentrum

Info kiosk

Die gebruikersvriendelike en toeganklike GO GEORGE-inligtingskiosk wat in die George-vervoersentrum (Hub) opgerig is, het op Dinsdag 18 April 2017 sy vensters vir die publiek oopgegooi. Hierdie fasiliteit vervang die ou bergingshouer in Cradockstraat, langs die Hub, wat vir hierdie doel gebruik is.  Passasiers word genooi om die kiosk te besoek vir enige busverwante inligting en hulp met roetebeplanning. Die kiosk is oop van 08:00 tot 17:00 op weeksdae en van 08:00 tot 13:00 op Saterdae. Die splinternuwe tydrooster-sakgids met die nuutste roosters wat op 7 Mei geïmplementeer word, is ook vanaf Vrydag 21 April by die kiosk te kry. GO GEORGE-gemeenskapskakelbeampte, Tyron Jeyi (links) het ’n opgewonde Gaynore Korunna, die inligtingsbeampte wat die kiosk sal beman, Dinsdagoggend gehelp om haar nuwe kantoor in te rig en gereed te kry vir diens.

Latest News

YOUR SAFETY IS OUR CONCERN - BOARDING THE BUS
Please let elderly people or passengers with special needs get on the bus first.
@george_mun

WHAT A WONDERFUL DAY IT WAS!
Thank you for celebrating our 9th birthday with us and coming to say hello at the Hub or singing us a birthday song on the bus!
GO GEORGE thanks every single person who keeps the wheels rolling, day after day, year after year!
@george_mun

Load More