Die Onkologiedepartement by die George-hospitaal het verlede week besoek ontvang van die GO GEORGE-span. Die besoek maak deel uit van die kommunikasiespan se huidige program van uitreiking na die gemeenskap deur besoeke aan gesondheidsklinieke, en mees onlangs, die hospitaal. Heel agter op die foto staan Tyron Jeyi, GO GEORGE- gemeenskapskakelbeampte, wat aan die pasiënte by die chemoterapie-eenheid verduidelik het hoe om die busdiens volgens hul individuele behoeftes te benut, en aan elkeen ‘n kombers oorhandig het, met die komplimente van GO GEORGE.