Met twee openbare vakansiedae voor die deur, is dit belangrik vir passasiers om kennis te neem van die busskedules wat gevolg sal word op Woensdag 3 en Dinsdag 9 Augustus 2016.
Op albei hierdie dae, munisipale verkiesingsdag (3 Augustus) en Vrouedag (9 Augustus) sal die Saterdagskedule geld op alle roetes.
GO GEORGE wil passasiers ook herinner en aanmoedig om hul ritte dorp toe op AllPay-dag (wanneer maatskaplike toelaes uitbetaal word) na 08:00 te beplan sodat hulle die gemak van ritte buite spitstyd kan geniet, terwyl diegene wat betyds vir werk en skool moet wees, plek op die vroegoggendbusse kan kry.
Vir enige navrae, skakel die GO GEORGE-inbelkantoor by 0800 044 044, of besoek die GO GEORGE Facebook– of die Roetes blad waar alle roetes, kaarte en skedules besigtig of afgelaai kan word.