GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

GO GEORGE-ure en -skedules gedurende vakansieseisoen

Maak seker dat jou gesigmasker jou mond sowel as jou neus bedek vir maksimum beskerming – die virus is geneig om aan sekere selle in die neus vas te heg.

Alle GO GEORGE-dienste sal regdeur die vakansie voortgaan, met spesiale voorsiening vir kliënte en werknemers by die Garden Route Mall en Eden Meander-winkelsentrums waar verlengde besigheidsure geïmplementeer sal word.

Later busse by Garden Route Mall en Eden Meander

Op weeksdae, van 13 tot 30 Desember, sal die laaste twee ritte van die dag op Roete 12 Pacaltsdorp – Garden Route Mall met 10 minute uitgestel word om passasiers te akkommodeer wat tot 19:00 werk tydens die feesseisoen. Die 19:00-rit na Pacaltsdorp sal om 19:10 vertrek, en die 19:20-rit om 19:30.

Openbare vakansiedae

Busse sal op 16 Desember en 1 Januarie die Saterdagskedule volg terwyl die Sondagskedule op 25, 26 en 27 Desember sal geld.

Enigiemand wat hulp benodig met ritbeplanning is welkom om die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044 te skakel – die agente neem oproepe van 05:00 tot 20:00, sewe dae per week, regdeur die vakansieseisoen.

Covid-19-veiligheid

Passasiers word weereens daaraan herinner om te voldoen aan die eenvoudige maar doeltreffende Covid-19-veiligheidsmaatreëls wat op die bus vereis word: die dra van ‘n masker wat beide die mond en neus bedek, ontsmet of was van hande, handhawing van ‘n veilige afstand waar moontlik, en baie belangrik: oop busvensters vir goeie ventilasie.

Latest News