GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

Maak gereed om veilig bus te ry skool toe

Met die nuwe akademiese jaar wat volgende week afskop, begin ouers se uitdaging met dol vervoerskedules om hul kinders by die skool af te laai en op te tel. Ouers van leerders wat van die GO GEORGE-busdiens gebruik maak om by die skool uit te kom, word aangemoedig om hul kinders te help om betyds alles hiervoor gereed te kry.

Dit is belangrik om ‘n GO GEORGE Slimkaart te kry en genoeg ritte te laai voordat skole begin, en nie te wag totdat leerders geen ritte oor het voordat hulle weer herlaai nie. Die Slimkaart moet met dieselfde sorg as enige bankkaart of kontant hanteer word; as dit wegraak, kan ritte op die kaart nie terugbetaal of na ‘n nuwe kaart oorgedra word nie.

Slimkaarte kan by enige van die GO GEORGE-slimkaartkiosks by die vervoerkern in Cradockstraat, Blanco-driehoek, Garden Route Mall en die Slimkaarttoonbank in die George-munisipaliteit se finansiële saal gekoop word. Twee mobiele kiosks is tans by die Protea-terminus in Pacaltsdorp en by Cheap Foods, net langs Nelson Mandela Boulevard, naby die ingang van Parkdene gestasioneer. Skakel gerus die inbelsentrum by 0800 044 044 vir die presiese ligging van die mobiele kiosks op ‘n spesifieke tydstip.

Skoolroetekaarte

Go GEORGE-passasiersdiensbeamptes sal gedurende die eerste paar weke van die skoolkwartaal by die bushaltes naby skole wees om leerders in te lig oor die verskillende roetes skool toe. Unieke kaarte wat die verskillende opsies skool toe en terug huis toe uitbeeld, is vir elke skool geskep. Hierdie kaarte kan ook afgelaai word vanaf die GO GEORGE-webwerf deur die School routes-bladsy te besoek.

Leerders word aangeraai om die beste opklimtyd, roete en oorklimhaltes met die passasiersdiensbeamptes te bespreek. In die meeste gevalle sal daar verskeie opsies wees om vol busse tydens spitstyd te vermy.

Om ‘n besoek op die skoolterrein en direkte skakeling met die leerders aan te vra, is skole welkom om die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044 te skakel of ‘n e-pos na info@gogeorge.org.za te stuur.

Hierdie is ’n voorbeeld van die skoolroetekaarte wat deur GO GEORGE ontwikkel is. Die kaarte kan ook van die webblad afgelaai word by School routes.

Latest News

• Distance travelled since inception: 38 246 603 km
• Bus trips operated since inception: 2 473 683
• Current route network: 33 routes - 142 km
• Passenger trips since inception: 34 798 088
• Average passenger trips per month over the last year: 448 639
@george_mun

Today we celebrate International Day for Older Persons
Let us protect and respect our elderly for the important contribution they have made to our society!
@george_mun

Load More