PACALTSDORP ROADWORKS

Road upgrades starting in Pacaltsdorp on Monday 14 October 2024 will impact several GO GEORGE bus routes.

MANDELA-DAG: GO GEORGE ondersteun gemeenskapsinisiatiewe

19
Jul '21
Two men working for GO GEORGE handing over 20 bags containing personal care items for women staying at the Phambili Refuge for women and children. It is received by a lady working at Phambili.
Bydraes van GO GEORGE-personeel het dit moontlik gemaak om 20 sorgpakkies aan die Phambili-toevlugsoord vir vroue en kinders te lewer. Hier ontvang Megan October van Phambili (links), die skenking van Basil Myners (GO GEORG-kommunikasiespan) en Tyron Jeyi (GO GEORGE-gemeenskapskakelbeampte).

GO GEORGE-personeel geniet dit altyd om omgee en deernis te toon deur van hul persoonlike tyd aan die gemeenskap te gee op Mandela-dag.

Vanjaar, soos in 2020 ook die geval was, het Covid-19-inperkings en -veiligheidsmaatreëls die maniere waarop mense kan uitreik om ‘n verskil te maak, beperk. Daar is egter altyd ‘n plan te make om ‘n boodskap van omgee te stuur aan diegene in nood, en om die organisasies en vrywilligers wat toegewy is aan die verbetering van hul lewens te ondersteun.

Ruim skenkings van die GO GEORGE-personeel in hul persoonlike hoedanigheid het dit moontlik gemaak om onder meer 20 sorgpakkies aan die Phambili-toevlugsoord vir vroue en kinders te oorhandig, asook brood- en sopbestanddele aan CREMHOG, ‘n organisasie wat kos aan die haweloses verskaf. ‘n Paar personeellede het ook besluit om bloed te skenk.

James Robb, GO GEORGE-bestuurder, het die verbintenis van die busdiens en alle belanghebbendes tot die opheffing van die George-gemeenskap uitgespreek. “Ons personeel se persoonlike bydraes tot die Mandela-dag-inisiatief is maar ‘n klein gebaar van verbintenis tot die bou van die omgee-samelewing wat Madiba gevisualiseer en nagestreef het,” het hy gesê.

Mandela Day 2021 George CBD Food Initiative
GO GEORGE-personeel het soppakkies en brood geskenk ter ondersteuning van CREMHOG, ‘n vrywilligersorganisasie wat kos aan die haweloses verskaf. Hier ontvang André Olivier (heel regs) die skenking van Basil Myners (GO GEORGE-kommunikasiespan), links, en Tyron Jeyi (GO GEORGE-gemeenskapskakelbeampte).

 

Mandela Day 2021 Blood Nondumiso

 

Om die Mandela-dag-inisiatief om terug te gee aan die gemeenskap te ondersteun, het Cecil Barry en Nondumiso Buthelezi, lede van die GO GEORGE-stelselbeplanningspan, bloed by die Wes-Kaapse Bloeddiens geskenk.

Latest news