PACALTSDORP ROADWORKS

Road upgrades starting in Pacaltsdorp on Monday 14 October 2024 will impact several GO GEORGE bus routes.

NASIONALE VERVOERMAAND – GO GEORGE statistiek: ‘n verhaal van deurlopende diens wat deur pandemie navigeer

18
Oct '21
A man wearing a face mask, spraying the the seats inside a bus with a sprayer that emits a strong cloud of steam.
Spesiale stoomreinigingstoerusting is aan die begin van die Covid-pandemie aangeskaf en word gebruik vir daaglikse skoonmaak van die binnekant van busse wat in diens was.

Die GO GEORGE-busdiens het passasiers oor die afgelope munisipale boekjaar oor ‘n afstand van 4,3 miljoen kilometer vervoer. Oor dieselfde tydperk – Julie 2020 tot Junie 2021 – is altesaam 319 910 ritte onderneem.

Terwyl die regering fokus op bewusmaking van vervoer gedurende Oktober, kyk GO GEORGE na ‘n historiese reis wat deur die Covid-pandemie navigeer met deurlopende dienste terwyl die benadering voortdurend aangepas word.

Busvloot

Die busdiens het in Desember 2014 met 10 busse afgeskop. Tans bestaan die GO GEORGE-vloot tans uit 54 standaardbusse, 33 midibusse en 35 minibusse.

Outomatiese betaalmetode

Drie jaar sedert die GO GEORGE Slimkaart bekendgestel is, is daar tans reeds 68 559 kaarte verkoop. Om Covid-veiligheidsmaatreëls te ondersteun, is kontantverkope van ritte op die bus in Junie 2020 gestaak sodat alle passasiers nou ‘n kaart nodig het om op die bus te klim. Ritte wat op die kaart gelaai word, is die goedkoopste manier om bus te ry en wissel van een rit na ‘n verskeidenheid groter bondels om by die passasier se begroting te pas – ritte word goedkoper hoe meer jy koop.

Passasiers

Altesaam 3,7 miljoen passasiersritte is die afgelope jaar onderneem, met ‘n gemiddeld van 11 656 passasiers per weekdag. Hierdie syfer dui op ‘n afname in vergelyking met die vorige jaar, wat die gevolg is van die beperkte diens tydens Covid-inperking.

Padnetwerk

Die padnetwerk op die huidige 26 roetes wat bedryf word, is 142 km. Dit is die lengte of afstand van pad wat deur GO GEORGE gebruik word, ongeag die aantal roetes wat dit gebruik. Aansienlike opgraderings word voortdurend op paaie op die netwerk gedoen, insluitend paaie wat tans gebruik word, asook paaie wat nodig sal wees vir toekomstige beplanning.

Busskuilings

Alle bushaltes word deurlopend aan die hand van verskillende kriteria beoordeel om te bepaal waar die volgende skuilings opgerig moet word. Busskuilings word op hierdie plekke geïnstalleer sodra ‘n roete stabiliseer en gebruikerspatrone vasgestel is. Tot op hede is 122 permanente skuilings geïnstalleer, waarvan 65 ook met ligte toegerus is. ‘n Verdere 22 tydelike skuilings sal uiteindelik met permanente strukture vervang word.

Ongelukkig word ‘n verbysterende 90% van skuilings binne die eerste paar weke nadat dit opgerig is, gevandaliseer. Dit vereis deurlopende duur herstelwerk wat fondse dreineer en uiteindelik die oprigting van nuwe skuilings vertraag.

James Robb, GO GEORGE-bestuurder, het sy waardering uitgespreek vir die toewyding van alle rolspelers in die ontwikkeling van die busdiens in George. “Ons bly verbind tot ons rol in die regering se plan om bekostigbare en betroubare openbare vervoer na die mense te bring,” het hy gesê. “In ag genome dat minder as 30% van George-inwoners toegang tot ‘n private motor het, is ons gefokus daarop om te verseker dat ons burgers toegang tot die stelsel het.”

GO GEORGE bied deurlopende dienste in ooreenstemming met die Covid-19-regulasies wat die regering neergelê het om passasiers sowel as personeel sover moontlik te beskerm.

Latest news