GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

Noodhamers uit busse gesteel

So lyk die noodhamer wat aan die panele tussen vensters binne-in GO GEORGE-busse aangebring is. Elke bus beskik oor verskeie hamers, afhangende van die grootte van die bus.

Passasiers wat die noodhamers uit GO GEORGE-busse steel, is nie net skuldig aan ‘n strafbare oortreding nie, maar plaas ook hul eie lewens en dié van ander passasiers in gevaar.

GO GEORGE-bestuurder, James Robb, het ‘n ernstige waarskuwing aan oortreders uitgereik. “Nasionale veiligheidsregulasies vereis dat ons ‘n sekere aantal van hierdie klein hamertjies in die busse installeer. Tydens ‘n noodgeval, soos ‘n brand wat op die bus uitbreek, of ‘n ongeluk, kan passasiers hierdie hamers – wat volgens vereiste maklik bereikbaar moet wees – gryp om die vensters te breek en uit die bus uit te kom. Enige persone wat betrap word dat hulle hierdie hamers uit die busse steel, sal vervolg word.”

Robb doen ‘n versoek op die publiek om alarm te maak wanneer hulle sien dat iemand hierdie toerusting steel, en om sodanige gedrag ten sterkste te ontmoedig. “Buiten vir die veiligheidsrisiko, kos dit ‘n klomp geld en tyd om gesteelde toerusting te vervang. Ons ondersoek ‘n meer beskermde manier om die hamers in die busse aan te bring, maar die oomblik wat ons dit moeiliker maak vir die sondebokke, maak ons dit ook moeiliker vir die passasier wat nodig het om die hamer by te kom in ‘n noodsituasie.”

Enige iemand met inligting oor die diefstal van noodhamers uit die busse word versoek om dit onder die aandag te bring van GO GEORGE  deur die inbelsentrum by 0800 044 044 te skakel. Let asseblief daarop dat die busbestuurders opdrag het om te fokus op die veilige bestuur van die busse, en nie verantwoordelik is om die wet of regulasies op busse af te dwing nie.

Latest News

The Grade R and RR learnes of Blanco Primary School enjoyed a visit with the GO GEORGE team, learning about the bus service and how to behave on and around the bus to ensure a safe ride. 
@george_mun

BE SMART AND TOP UP IN TIME!
Don’t wait until there are no trips left on your GO GEORGE Smart Card.
Go to https://www.gogeorge.org.za/fares-tickets/ and scroll down the page for an up-to-date list of all the top-up vendors.
@george_mun

Load More