GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

Tariefverhogings vir GO GEORGE in die nuwe jaar

Kaartjiekoop buite bus is goedkoper

Die George-munisipaliteit het aangekondig dat ‘n verhoging in die prys van GO GEORGE-buskaartjies op 1 Februarie 2017 in werking tree. Hierdie is die eerste verhoging sedert die busdiens in werking gestel is in Desember 2014. “Ons is eintlik veronderstel om jaarliks ‘n prysverhoging in te stel, soos ander munisipale tariewe,” sê James Robb, GO GEORGE-bestuurder. “Ons het egter die geskeduleerde verhogings teruggehou in die hoop dat die hele gemeenskap eers die busdiens teen dieselfde tarief kan begin gebruik. Met die herhaalde uitstel van die uitrol van Fase 4 van die busdiens, het dit nou ongelukkig onmoontlik geraak om die tariefverhoging ook te bly uitstel. Ons begroting moes nou al die impak van die verlies aan inkomste van twee uitgestelde prysverhogings absorbeer.”

Goedkoper om buite die bus te koop

Enkelkaartjies wat buite die bus by verkoopspunte gekoop word, sal R9.00 kos – slegs 50c meer as die huidige R8.50. Passasiers word sterk aangemoedig om hul kaartjies te koop voordat hulle op die bus klim, om opklimtyd te spaar en die stelsel op skedule te hou. Om hierdie gebruik te versterk, is ‘n bykomende R1.00 verhoging goedgekeur vir kaartjies wat op die bus gekoop word. Hierdie kaartjie sal dus R10.00 kos.

Die verhoging op die multiritkaartjies wat vir 10 ritte geldig is, is R10. Dit is dus ‘n verhoging van R1.00 per rit, en beteken dat die kaartjie R85 sal kos, teenoor die huidige R75. Om dit vir passasiers makliker te maak om kaartjies te koop voordat hulle op die bus klim, is die aantal kaartjieverkoopspunte in die gemeenskappe meer as verdubbel tot 29. Mobiele verkopers sluit ook toenemend aan by die groeiende aantal besighede wat kaartjies verkoop, en bied tydens spitstye kaartjies te koop aan by besige bushaltes.

Grasietydperk

‘n Grasietydperk van een kalendermaand sal toegelaat word vir die gebruik van die huidige kaartjies, sodat passasiers hul ou kaartjies, en veral multiritkaartjies, klaar kan gebruik. Geen ou kaartjies sal egter ná 28 Februarie 2017 aanvaar word nie. Die nuwe kaartjies sal vanaf 1 Februarie te koop wees. Die enkelkaartjie wat op die bus gekoop word (R10) sal grys wees om dit te onderskei van die groen enkelkaartjie (R9) wat buite die bus gekoop word. Die multiritkaartjie is blou. Indien passasiers steeds kaartjies op die bus wil koop, word hulle versoek om die presiese bedrag (R10) in kontant gereed te hê om oponthoud te voorkom.

Latest News

The Grade R and RR learnes of Blanco Primary School enjoyed a visit with the GO GEORGE team, learning about the bus service and how to behave on and around the bus to ensure a safe ride. 
@george_mun

BE SMART AND TOP UP IN TIME!
Don’t wait until there are no trips left on your GO GEORGE Smart Card.
Go to https://www.gogeorge.org.za/fares-tickets/ and scroll down the page for an up-to-date list of all the top-up vendors.
@george_mun

Load More