PACALTSDORP ROADWORKS

Road upgrades starting in Pacaltsdorp on Monday 14 October 2024 will impact several GO GEORGE bus routes.

Thembalethu-busdiens ingefaseer

28
Feb '23
Hierdie vroue wat die Thembalethu-kliniek besoek het, was opgewonde om meer te wete te kom oor die komende busdiens na Thembalethu. Van links, Phumzile Bonga, Siphokazi Goliath, passasiersdiensbeampte Akhona Gxumisa, en Inna Adam. Die naam van die vrou aan die regterkant is nie bekend nie.

GO GEORGE het aangekondig dat die busdiens na Thembalethu in drie fases geaktiveer sal word met die eerste wiele wat binnekort in Nelson Mandela Boulevard af sal rol. Die ander twee fases sal kort daarna volg.

Die George-raad het aanvaar dat dit nie moontlik was om die aanvanklike sperdatum in November te haal nie, maar het besluit dat die diens so gou moontlik moet uitrol met ‘n verdere aankondiging wat minstens een week voor die aktivering van die roetes gemaak moet word. Die huidige voorbereidings word alles gesien as deel van die uitrol van die diens.

Drie fases van uitrol

Fase 1:
Roete 11 Thembalethu – GR Mall
Roete 18A Thembalethu – Blanco
Roete 18B Fourways – Blanco
Roete 57A Jonga Community
Roete 57B Ramaphosa Community
Roete 57C Tabata Community

Fase 2:
Roete 10 Thembalethu – George Industria
Roete 57D Fourways Community

Fase 3:
Roete 4A Thembalethu – CBD
Roete 4A Express Thembalethu – CBD
Roete 4B Fourways – CBD
Roete 57E Ngcakani Community
Roete 62A Jonga – Hospitaal
Roete 62B Ramaphosa – Hospitaal
Roete 62C Tabata – Hospitaal

Inligting oor die Thembalethu-diens

Die eerste fase van die Thembalethu-inligtingsveldtog het gefokus op besoeke aan besighede in die dorp wat inwoners van Thembalethu in diens het, gevolg deur ‘n drie-weke lange veldtog by die Thembalethu-kliniek en -biblioteek, en skakeling met personeel by skole en opvoedkundige instellings. Tot op hede het hierdie aktiwiteite gelei tot een-tot-een skakeling met 7 748 individue.
Op 7 Februarie het die passasiersdiensbeamptes (champions) begin met deur-tot-deur skakeling met inwoners by hul huise, wat tot op hede 1 972 huise en ongeveer 7 888 lede van huishoudings gedek het. Inligtingsblaaie wat roetekaarte van die ingefaseerde uitrol bevat, word uitgedeel en aan voornemende passasiers verduidelik. Die eenparige reaksie op die nuus dat die busse beslis nog kom, is dié van opgewondenheid, verligting en dankbaarheid.

Algehele gereedheid

Infrastruktuur soos bushaltes, tydelike skuilings en operasionele fasiliteite is op skedule en is meestal voltooi. Inwoners behoort binnekort busse deur die gebied te sien ry vir die toetsing van skedules en roetes.

Enigiemand wat ‘n inligtingsbesoek aan hul personeel of organisasie wil versoek, kan die GO GEORGE-inbelsentrum skakel by 0800 044 044 van 05:00 tot 20:00, sewe dae per week.

Thembalethu-inwoners verwelkom die GO GEORGE- passasiersdiensbeamptes in hul huise. Hier verduidelik Tyron Jeyi, GO GEORGE-gemeenskapskakelbeampte, aan ‘n dame wat om van die busdiens te verwag.
Skoonmaak kan wag! Vuyelwa Myali luister aandagtig na die passasiersdiensbeampte, Nomnikelo Bolitye, wat verduidelik hoe sy die busdiens kan gebruik.
Van restaurante, gimnasiums en fabrieke tot kwekerye en vulstasies – regoor George neem personeel wat in Thembalethu woon ‘n oomblik om te luister na wat hulle kan verwag wanneer die busdiens na hul area uitrol. Hier gesels Tyron Jeyi, GO GEORGE-gemeenskapskakelbeampte, met werkers by ‘n motorhawe in Blanco.

Latest news