GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

Tyd verleng om verkoopspunt vir GO GEORGE buskaartjies te word

Keith Fortuin het ‘n klein huiswinkel by John Kretzenstraat 32 in Blanco en het onlangs geregistreer as ‘n verkoopspunt vir GO GEORGE-kaartjies. Volgens sy broer Douglas, hier afgeneem by die kenteken vir kaartjieverkoopspunte, het die aantal mense wat inkopies kom doen by die winkel merkbaar toegeneem sedert dit bekend geword het dat Keith buskaartjies ook verkoop. “En terselfdertyd maak ons dit makliker vir mense in ons gemeenskap om hulle kaartjies te koop voor hulle op die bus klim – dit is beslis ‘n wedersyds voordelige situasie vir ons almal,” sê Keith.

Besigheidsgeleentheid vir die heel klein ondernemings ook

Die George-munisipaliteit het die sluitingsdatum vir hul uitnodiging aan gemeenskapsorganisasies, skole, besighede en tuisondernemings – selfs so klein soos “spaza-winkels” – om aansoek te doen om verkoopspunte vir GO GEORGE-buskaartjies te word, verleng. Belangstellendes het nou tot 14 Oktober 2016 om hul aansoeke in te dien.

Kaartjieverkope is nie net ‘n nuttige diens aan die gemeenskap nie, maar sal beslis ook meer voete na verkopers se ondernemings lei.

“Daar is twee redes vir die uitbreiding van ons kaartjieverkoopspunte,” sê James Robb, GO GEORGE-bestuurder. “Ons wil kaartjieverkope graag in die gemeenskap inneem en dit sodoende makliker maak vir passasiers om hul kaartjies te bekom, terwyl ons terselfdertyd die koop van kaartjies op die bus wil ontmoedig. Dit vertraag die opklimproses wanneer kaartjies by die bestuurder op die bus gekoop word, en maak dit moeilik om by ons tydskedules te hou en passasiers betyds by hul bestemmings te kry.”

Volledige ondersteuning en handelsmerkmateriaal word aan verkoopspunte verskaf, en inligtingsmateriaal oor die operasionele prosedures en vereistes wanneer jy as verkoopspunt optree, is beskikbaar by info@gogeorge.org.za.

Amptelike aansoekvorms en Aanduiding van Belangstelling-dokumente is egter op die munisipale webblad (www.gogeorge.org.za) onder “Tenders” beskikbaar, of by Voorsieningsadministrasie, Eerste Vloer, George-munisipaliteit, Yorkstraat 71. Skakel Henry Mitchell by 044 801 9021 of Allodene Jonas by 044 801 9021 vir meer inligting oor die amptelike aansoekproses. Die proses is vereenvoudig vir nuwe aansoeke om dit makliker te maak vir voornemende kaartjieverkopers om aansoek te doen.

Latest News

The Grade R and RR learnes of Blanco Primary School enjoyed a visit with the GO GEORGE team, learning about the bus service and how to behave on and around the bus to ensure a safe ride. 
@george_mun

BE SMART AND TOP UP IN TIME!
Don’t wait until there are no trips left on your GO GEORGE Smart Card.
Go to https://www.gogeorge.org.za/fares-tickets/ and scroll down the page for an up-to-date list of all the top-up vendors.
@george_mun

Load More