Met ses maande van tallose sosiale afsprake en openbare skakeling agter hom, is GO GEORGE-gelukbringer, Georgie, gereed om die jaar te groet en by die vakansieskares op die strand aan te sluit. Toegerus met paddapote en sonskerm, het hy sy eerste strandkuier by Leentjiesklip in Wilderness gate uit geniet.
Georgie moedig plaaslike inwoners en vakansiegangers aan om geen kanse te waag in die son, in die see en op die pad nie, en wens almal ‘n wonderlike en vreugdevolle vakansieseisoen saam met hul geliefdes toe.
GO GEORGE-dienste gaan voort regdeur die vakansie en sal op alle vakansiedae buiten Kersdag, 25 Desember, volgens die Saterdagskedule ry. Dit sluit 26 en 27 Desember en 2 Januarie in. Die Sondagskedule sal op Kersdag geld.