GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

Verkeersligte opgegradeer vir beter beheer oor verkeersvloei

Nuwe verkeerslig te Meade Cathedral
Die nuwe verkeerslig by die kruising van Meade- en Cathedralstraat, tussen Laerskool Outeniqua en Holy Cross Primêr, is gereed om op Vrydag 16 Februarie 2018 aangeskakel te word. Padgebruikers word gemaan om die kruising met die nodige versigtigheid te gebruik totdat moontlike groeipyne van die oorskakeling uitgestryk is.

’n Nuwe verkeerslig by die kruising van Meade- en Cathedralstraat, tussen Laerskool Outeniqua en Holy Cross Primêr, word op Vrydag 16 Februarie 2018 in werking gestel. Die primêre doel van die omskakeling van die bestaande vier-rigting stop na ‘n nuwe verkeerslig is die bydrae wat dit sal lewer tot ’n betroubare skedule vir die GO-GEORGE- busdiens.

Die nuwe verkeerslig sal bestaande verkeersopeenhoping beter versprei en sal algemene verkeer, en gevolglik ook busskedules, daarby baat. Aangesien hierdie omskakeling nie sonder enige groeipyne sal wees nie, word padgebruikers gemaan om die kruising met die nodige versigtigheid te gebruik.

Uitgebreide opgraderingsprojek

Die George-munisipaliteit is besig met ’n uitgebreide projek om die verkeersligte op al die hoofroetes (korridors) in die stad wat deur GO GEORGE-busse gebruik word, op te gradeer met nuwe hardeware. Hierdie toerusting sal dit moontlik maak om deur middel van die nuutste sagteware verkeersvloei te beheer. Die projek in geheel is daarop gemik om die GO GEORGE-busdiens wat ’n noodsaaklike diens aan ’n groot deel van die stad se inwoners lewer, te ondersteun om op skedule te bly, en sal ook die oprigting van nuwe verkeersligte waar nodig, behels. As uitvloeisel hiervan sal verkeersvloei in die algemeen ook baat vind by die opgradering.

Volgens Trevor Botha, munisipale bestuurder, is dit die beheerapparaat van die verkeersligte wat vervang word. “Om verkeersvloei vanaf een sentrale punt te kan beheer, moet ons die beheerapparaat standaardiseer na een tipe wat terugvoer verskaf aan die beheersentrum, waar ons met die nuutste tegnologie en sagteware gaan werk. Voorheen het ons gebruik gemaak van die U-vormige lus of ‘loop’ in die pad net voor die verkeerslig, maar dié sensors word beskadig wanneer daar aan die pad gewerk word, of met normale verwering van paaie. Die nuwe apparaat wat bo-aan die verkeersligpale aangebring word, sal deurlopend ’n visuele beeld van die situasie by die kruising verskaf,” sê Botha.

Sinchronisasie beïnvloed

Botha wys die publiek daarop dat die normale sinchronisasie van verkeersligte – die nuwes ingesluit – tans ontwrig word deur verspreide konstruksiewerk aan verkeersligte regoor die stad, aangesien almal met dieselfde tegnologie moet werk voordat sinchronisasie weer moontlik sal wees. “Ons besef dit is frustrerend en maak verskoning vir die ongerief. Ons vra padgebruikers se geduld en samewerking sodat ons uiteindelik ’n eersteklas stelsel vir George kan implementeer.”

Enige klagtes in verband met verkeersligte kan aangemeld word by die departement van elektrotegniese dienste by 044 874 3917 of 044 801 6300 (na kantoorure). Die George-app is ook ’n effektiewe kanaal om enige munisipale probleme aan te meld. Laai die toepassing gerus af by enige selfoon- “app store”.

Latest News

• Distance travelled since inception: 38 246 603 km
• Bus trips operated since inception: 2 473 683
• Current route network: 33 routes - 142 km
• Passenger trips since inception: 34 798 088
• Average passenger trips per month over the last year: 448 639
@george_mun

Today we celebrate International Day for Older Persons
Let us protect and respect our elderly for the important contribution they have made to our society!
@george_mun

Load More