GO GEORGE logo
Customer care hotline
[wpavefrsz-resizer]

Madiba-Wedloop: verskeie GO GEORGE-roetes herlei

Saterdag 21 Julie 2018, 07h15 – 11h30

Weens die sluting van ‘n gedeelte van Yorkstraat (tussen Cathedralstraat en die sirkel) vir die jaarlikse Madiba-wedloop, sal die Cathedral-bushalte voor die Arts Theatre ook gesluit wees vir die die duur van die wedloop. Die volgende busroetes sal herlei word:

  • Alle roetes uit Pacaltsdorp in dorp toe:

Hierdie roetes sal regs draai in Hiberniastraat uit Yorkstraat uit, links in Meadestraat, regs in Courtenaystraat, van waar die normale roete gevolg sal word.

  • Roete 56 (kloksgewys) Denneoord – CBD:

Die bus sal die normale roete volg met Markstraat langs tot in Yorkstraat, maar sal regs draai in Hiberniastraat pleks van tot by die sirkel te ry, links in Meadestraat, en links in Courtenaystraat van waar die normale roete gevolg sal word. Roete 56 R (antikloksgewys) word nie herlei nie.

Passasiers wat in die boonste deel van Yorkstraat moet op- of afklim word aangeraai om die Market-haltes voor die Poskantoor te gebruik.

Latest News

BUNDLE PRICES:
10 trips and more: R11.90 per trip – your best buy
2, 4, 6 or 8 trips: R13.20 per trip
Single trip: R16 per trip
@george_mun

GO GEORGE is urging the community to be vigilant and prevent individuals from:
• damaging the glass panels of the shelters,
• vandalising structures with graffiti,
• removing the timetables,
• throwing stones at the buses.
#StopVandalism
@george_mun

Load More