
Afgesien van die busdiens se operasionele aanpassings om die jaarlikse Liggiesfees te akkommodeer, maak die GO GEORGE-passasiersdiensbeamptes altyd ‘n groot bydrae tot die opwinding en gees by hierdie gemeenskapsgeleentheid aan die begin van die vakansieseisoen.

Families stroom altyd na die gelukbringers, Georgie en Smartie, om die twee vriendelike karakters te ontmoet en kon vanjaar ook selfies neem met nuwe prettige rame.
